
dagdroom
.
oor my duin
hang daar reuke
ontbyt oor die vlamme
heel dag bly dit so sweef
van spek tot wors en tjops
hier en daar reuk van visbraai
snoek loop mos nou al ‘n week
werk vir die vissermanne
werk vir skoonmakers
inkomste vir eienaars
rus en geluk vir
vakansiegangers
wat ‘n voorreg
om dit weer
te kan
geniet
.
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek