Jongste aktiwiteit:

Genadefees (die geboorte van my Koning)

Onder ‘n bedekking van Asem
uit ‘n donderkreun Stem
sweef beloftes van kronieke
in eeue vasgepen

waar Genade Homself sou blootlê,
in menswees uit sou stort
tussen mense sou wandel
hul kom red van sondelot.

Waar gesange in ‘n nag
van dankbaarheid weerklink
waak Hy ongesiens
om vergifnis uit te skink.

Stille nag so heilig
wat Jesuskind kom bied
In jou lê ‘n waarheid
vir ewig uitgegiet.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed