Jongste aktiwiteit:

ou stoele

.
voorjaar was daar
‘n besoeker stoel op my duin
nou het owerhede dit geskuif
verder terug onder ‘n afdak
waar mense kan kom braai
.
soms word stoele oud
dan word dit uit die oog geskuif
later weg gemaak of fyn gekap
vir vuurmaak hout of soiets
feit bly staan oud gaan uit
.
oumense word ook
dikwels afhanklik en ‘n las
verloor ekonomiese voetspoor
word negeer en uitgeskuif
soos onooglike ou stoele
.
ou stoele is dikwels
van eksotiese hout vervaardig
nuwerwetse modes verf dit dan
kakofoniese kleure wat skreeu
teen die hart van adel hout
.
so word afhanklike
oumense dikwels afgelaai
bietjie opgedollie in kleure
in ouetehuise afgelaai
waar verf gou afdop
.
geseënd is die mense
wat hul kinders kan behou
wie vir hulle sal sorg
soms ten koste
van hulself
.
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed