ag Afrikaans, my Moedertaal (Brons)
wanneer ek poog om jou diepste wese neer te pen gaan soek ek jou in die onrustige hart van ‘n Cumulonimbus wolk op die kruin van die magtigste golf in die dreun van ‘n dond’rende waterval (soms, desperaat) in die broos van ‘n donsveer vir jou kan ek nie na waarde skat óf skryf en […]
agterdeur (Brons)
die skerfies ek en jy waarmee ek ‘n nuwe liefdesmosaïk wou bou verwond ons, dwing my weg van jou laat my dan uit jou arms vlug hou vir my net êrens ‘n agterdeur oop sodat ‘n skrefie van jou lig my pad vooruit kan loop
Birth-flower kersfees
Op my blouvlamstoof keteltrom die pot vrugtestoompoeding buite op die feestige eikehouttafel staan die gemengde braaigereg rooi krulversierde primula-rose hang op die kersfeesdisselboom en die doedelsakmelodie van ‘n magdom voëlgeluide kondig die kersliggieryke feestyd vrolik aan
Net voor ek gaan
‘n Stuiwer vir die armbeurs en ‘n pond vir die hekman soos drifsels sal ons drif ná lig ná donker. Só waar soos ek leef só waar sal ek sterf my vel met inkgekerf na ‘n naby sterre werf. Hou die pennies vir die pond los die stuiwers in die armbeurs bring my daai laaste […]
Doring (Silwer)
DORING doring gladdelyf gesant gekoester al vir jare dig teen my bors wieg sagkens weg en word gewek uit nanag-euforie geruk deur reuk van vars formeersel hoe lank nog voor jy die laaste lewe uit my suig . © Barbara Smit 4/12/2020
Kersfeesliggies (Silwer)
Kersfeesliggies die foto’s wat ek uitpak verbreed die soet rand van my hart herinnerings se repertoire, feestelik soos kersfeesliggies deur die huis al voel dit soms of lamferbande my arms stomp afbreek die liggies brand tog trots en helder nóóit laat die LIEFDE in die steek dae, maande, jare dit is gebêre en vergader maar […]
Desember 2020 – OOP-projek
Beste INKers Ek wil van die geleentheid gebruik maak om elke lid wat deur die jaar getrou deelgeneem het aan al die projekte. Sonder jul toewyding sou en kon hierdie deel van INK nie slaag nie. Baie, baie dankie. Aan elke INK lid wens ek ook ‘n geseënde en welwillende feesseisoen. Mag die goeie boodskap […]