ag Afrikaans, my Moedertaal (Brons)
wanneer ek poog
om jou diepste wese
neer te pen
gaan soek ek jou
in die onrustige hart
van ‘n Cumulonimbus wolk
op die kruin
van die magtigste golf
in die dreun
van ‘n dond’rende waterval
(soms, desperaat)
in die broos
van ‘n donsveer
vir jou kan ek nie
na waarde skat óf skryf
en al wat oor my lippe kom, is:
hoe klein is ek in Moeder se skoot!
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek