Net voor ek gaan
‘n Stuiwer vir die armbeurs
en ‘n pond vir die hekman
soos drifsels sal ons drif
ná lig ná donker.
Só waar soos ek leef
só waar sal ek sterf
my vel met inkgekerf
na ‘n naby sterre werf.
Hou die pennies vir die pond
los die stuiwers in die armbeurs
bring my daai laaste bietjie kanniedood
en seën my met, ‘n bietjie wyn.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.