
Kersfeesliggies (Silwer)
Kersfeesliggies
die foto’s wat ek uitpak
verbreed die soet rand van my hart
herinnerings se repertoire, feestelik
soos kersfeesliggies deur die huis
al voel dit soms of lamferbande
my arms stomp afbreek
die liggies brand tog trots en helder
nóóit laat die LIEFDE in die steek
dae, maande, jare
dit is gebêre en vergader
maar nóú kan dit my dag versier
ja nou is ek ‘n rentenier
© Barbara Smit 04/12/2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek