
val
–
met ‘n duister kop
struikel ek soms oor my duin
gelaste nek en yster oral
om stewig te maak
–
dan is daar ‘n muis
so ‘n valetjie uit die veld
regte sandveld muis
lastig soos ‘n vlieg
–
met plastiek bottel
gesny en gepas na ghoegel
se plannetjies gesny
muis te slim hoor
–
eindelik regte val gekry
kaas daarop gelaai en gestel
op die kassie lang my stoel
sien slim vang sy eie baas
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.