
vir
Gedigte
slaap sag
slaap sag, slaap sag
onder wolke so sag
geen drome verwag
net blomme te betrag
slaap sag, slaap sag
sonstrale verkondig die dag
seebriese wat jou laat lag
en seemeeue op jou wag
slaap sag, slaap sag
waar jy so lank al wag
engele sing om jou sag
ewigheid wat jy verwag
slaap sag, slaap sag
my heldin van die nag
glimlag wat alles versag
en jou siel op my wag
slaap sag, slaap sag
sugtend na daardie dag
weersiens waarop ons verwag
om saam in Sy tuin te kan lag
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.