vir
Gedigte
duik van die kormorant
wit golf rantjies skitter blink
ligte see briesie waai daaroor
die see wriemel van vis vandag
skole harders van alle grootte
swiep en swenk deur blou see
bo oor hang swerms seevoëls
wit meeue en swart kormorante
wat duikend hul vissie afmerk
swart nek reguit uitgestrek
skiet dodelik af pen sy prooi
ander dryf op water in honderde
soos kurk proppe omdop en vreet
kroppe later so versadig en groot
dat hul laag moet begin watertrap
om te kan opstyg uit die besige see
daarom bly die sierlike duik
van die kormorant so mooi
wonder waar hy weer sy kop
gaan uitsteek om te flikflooi
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.