Fonoloog
Ek hoor ou aksente
in jou nuwe sinne
en aarsel se akuut
is skuins en diep
Subteks lê onderstebo
in klem se kommas
en diksie hinner my
aan die her
van agterste voor
Karet semanties
ons sin-ergie
wat my laat stop
by die punt.
3 Kommentare
-
Anze
Briljant!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Tja, ontrafel. Na die punt kom die volgende sin. 'n Vraag of 'n bevel? Jou sin of myne? As dit joune is, laat staan die kyk in die truspiegel, en kyk afwagtend na vore. Of hoe? GvT