Te laat
Te laat
in jou lewe kom een dag
stadig voet vir voet in die stap van elke tree
moet jy hom neersit
dwars deur die pyn
van elke skree in jou smeek
weet jy van die hel in elke plan se slot
van die gevolg in abstrak
se besluit om te koop
en die dans in armoede se koor
wat eindig in die treurspel
van elke melodie se noot
wonder jy oor die hoor
in elke oor se streel
en die tuit van bitter se huil
kom vroeg besef
dalk net te laat
en die spys
verouderd sonder soete drank
@Anton Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.