roostuin-rendezvous – Silwer
roostuin-rendezvous – Silwer
allerfraai kom hul vrolik aangefladder
van alle kante
sysag
grasieus
in hemelse kleurpalet getooi
wit
geel
oranje
selfs gespikkel met rooi
wikkel hul lyfies
om vir ’n stonde
onomwonde
deel te wees
van die roostuinpiekniek
’n ware vlindernektarfees
© Retha van Deventer, Junie 2025.
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Junie 2025 – PIEKNIEK projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
So mooi beskryf jy die kleure