Jongste aktiwiteit:

ProjekteJUNIE 2025 – PIEKNIEK PROJEK(Bladsy 2)

Beste INKers

Op die 18de Junie, vier die wêreld internasionale piekniek-dag.
Vir ons hier aan die suidpunt van Afrika is dit egter winter, maar ek is seker jy kan jou gedagtes mobiliseer om hieraan deel te neem. Ek is seker van ons het ‘n voorkeur vir ‘n winterson-piekniek, maar ons huidige seisoen behoort nie die kreatiewes te kortwiek nie.

TEMA: PIEKNIEK

GEDIGTE:
1. Skryf ‘n gedig in vry-vorm.
2. Geen voorskrifte aan lengte en rympatrone nie.
3. Jy mag die tema interpreteer soos jy wil maar mag NIE die tema as titel gebruik nie.

PROSA:
1. Ontgin die tema in watter manier ookal.
2. Woordtelling mag nie 1200 woorde oorskrei nie.

VERHALE:
1. Skryf ‘n verhaal oor ‘n rampspoedige piekniek waar alles verkeerd loop.
2. 2500 woorde of minder.
3. Ontwikkel jou karakters mooi.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Lekker pen.
Projekbestuurder.
.

*ONTHOU SLEGS 2 DIG INSKRYWINGS, 3 PROSA EN 2 VERHALE PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Op gister se spoor lente kruik vol bloeisel-botsels laggend koggel Pierneef-wilger se immergroen verstrengelde vingers speel in saffier-blou maanlig deur gryse haar-kronkel-paaie heen jou glimlag in stilswye (effens) neffens die legkaart van my hart moeg geswoegde oë sing die lewenslied van lief en leed met haar warm kleed moed se dapper-wyn: oud-grashalm-goud ek en jy […]

Op blokkies van vrede Op ‘n groen-en-blou Skotse blokkieskombers keurig geweef met goue geluk se gare, ‘n tere toonbeeld van harmonie en vrede, ‘n skans teen klamheid van benede. Staan ‘n boepens mandjie, propvol lekkernye: geel-oranje, gladdewang perskes soos sonskynvreugde blinkend mooi; resiesrooi kersietamaties ‘n simbool van liefde wat bloei. Sagtegroen slaaiblare soos engelvlerke teer […]

Op ’n heerlike lentedag in die Kalahari, het ’n groep diere besluit om ’n ekologiese piekniek te hou. Hierdie besonderse piekniek is geïnisieer deur die versamelvoëls. Ek was in die bevoorregte posisie om vanuit ’n wildskuiling die diere se piekniekbedrywighede deur die lense van my verkyker dop te hou en te dokumenteer. Wat ’n wonderlike […]

Die eerste Boesman Pieter sit weer langs Buks Appelblaar by sy geliefde vuurtjie in die Kalahariwoestyn, in die noorde van Botswana. Soos die ou Boesman-gesegde lui … Elke vuur het sy eie storie. Dit is donkermaan in die Kalahari. Daar heers ’n absolute vreedsame stilte, asof heilig, tussen hom en Buks terwyl hulle sprakeloos net […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed