Dans van die gode
Die dans van Saturnus vind vanaand plaas
onder die donker uitspansel van die hemel.
Polsende musiek uit die vulkane van Mars
en Venus wat haar sensualiteit aan die Aarde ontbloot.
Flikkerende sterre in blink gewaad
arriveer op ‘n komeet se rug,
Mercurius verskaf die nodige kampvuur
met geleende hitte van die son.
Die sterre en maan glinster trots
as die piekniek se enigste lig bron.
Feestyd drankies vloei mildelik
uit die sterrereën van die melkweg,
Maar die monster van jaloesie het Jupiter verteer.
Hy roep na Uranus vir hulp.
Hulle stamp en stoot en met ‘n groot knal
is die aarde in ‘n ystydperk gehul.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Junie 2025 – PIEKNIEK projek