Jongste aktiwiteit:

ProjekteJUNIE 2025 – PIEKNIEK PROJEK(Bladsy 3)

Beste INKers

Op die 18de Junie, vier die wêreld internasionale piekniek-dag.
Vir ons hier aan die suidpunt van Afrika is dit egter winter, maar ek is seker jy kan jou gedagtes mobiliseer om hieraan deel te neem. Ek is seker van ons het ‘n voorkeur vir ‘n winterson-piekniek, maar ons huidige seisoen behoort nie die kreatiewes te kortwiek nie.

TEMA: PIEKNIEK

GEDIGTE:
1. Skryf ‘n gedig in vry-vorm.
2. Geen voorskrifte aan lengte en rympatrone nie.
3. Jy mag die tema interpreteer soos jy wil maar mag NIE die tema as titel gebruik nie.

PROSA:
1. Ontgin die tema in watter manier ookal.
2. Woordtelling mag nie 1200 woorde oorskrei nie.

VERHALE:
1. Skryf ‘n verhaal oor ‘n rampspoedige piekniek waar alles verkeerd loop.
2. 2500 woorde of minder.
3. Ontwikkel jou karakters mooi.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Lekker pen.
Projekbestuurder.
.

*ONTHOU SLEGS 2 DIG INSKRYWINGS, 3 PROSA EN 2 VERHALE PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Oorsprong van piekniek Piekniek het sy oorsprong in Frankryk in die laat 1600 ‘s. Die woord piekniek is afgelei van die Franse woord pique-nique, wat letterlik beteken ‘om iets kleins te eet of saam te bring,’ vir ’n informele maaltyd. Die tradisie het toe versprei na Engeland en later na ander dele van die wêreld, […]

Baie lank gelede was daar ‘n afgeleë klein dorpie, met die naam Witgatwortelfontein, in die noorde van Namibië. Op Witgatwortelfontein was ‘n klein Boesman-gemeenskap gevestig, wat totaal en al geïsoleer was van die beskawing. Gevolglik was die mense van Witgatwortelfontein om oorlewing geheel en al van die natuur afhanklik. Daarom het hulle dan ook groot […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed