Jongste aktiwiteit:

EKOLOGIESE IMPAK VAN PIEKNIEKS IN NATUURLIKE OMGEWINGS

Oorsprong van piekniek

Piekniek het sy oorsprong in Frankryk in die laat 1600 ‘s. Die woord piekniek is afgelei van die Franse woord pique-nique, wat letterlik beteken ‘om iets kleins te eet of saam te bring,’ vir ’n informele maaltyd.
Die tradisie het toe versprei na Engeland en later na ander dele van die wêreld, insluitend Suid-Afrika.
In Suid-Afrika het die piekniek ’n eie karakter begin aanneem, aangepas by plaaslike omgewings, kulture en gewoontes.
Piekniek is geassosieer met:
• Gesinsuitstappies in die natuur;
• Gemeentelike byeenkomste, soos kerk-pieknieks;
• Skool- of gemeenskapsgeleenthede; en
• ’n Kultuur van byeenkomste waartydens daar saam gebraai is ensovoorts.
In ons Afrikaanse kultuur het piekniek ’n besondere plek ingeneem. Dit word gesien as ’n samesyn van vriende en geliefdes in die natuur, gekombineer met tradisionele kosse, drank en musiek .
Teen hierdie kursoriese agtergrond dien ons te kyk na die impak wat pieknieks op die ekologie het.

Hoe affekteer piekniek die ekologie

Piekniek, word dikwels as ‘onskuldige’ ontspanning beskou. Navorsing dui egter daarop dat piekniek toenemende ernstige ekologiese probleme tot gevolg het, veral in sensitiewe en beskermde natuurlike habitats.
Hierdie vorm van ontspanning is in baie kulture ‘n gevestigde praktyk. Die toenemende frekwensie en intensiteit waarmee mense piekniek hou in parke, reservate en wildernisgebiede bring ‘n reeks negatiewe omgewingsimpakte mee.

Grondverdigting en erosie

’n Groot nadelige impak op die ekologie as gevolg van piekniekaktiwiteite is grondverdigting en erosie. Wanneer groot getalle mense op dieselfde plek op die gras sit of loop, word die grond se natuurlike struktuur versteur. Hierdie verdigting verminder die grond se waterinfiltrasie-vermoë en suurstofbeskikbaarheid, wat ‘n negatiewe uitwerking het op plantwortels en mikrobiotiese lewensvorme.
In gebiede waar piekniekareas nie goed beplan of bestuur word nie, kan dit lei tot permanente skade aan plantegroei en die blootstelling van bogrond aan erosieprosesse (Ngwenya & Le Roux, 2020).
Hierdie proses word dikwels vererger deur voertuie wat gebruik word om naby piekniekplekke te parkeer. Dít lei tot nog groter grondversteuring.

Faunale versteuring

Gedurende 2017 is ’n ekologiese en gedragsoorsig van die ‘Interaksie tussen mens en wild in ontspanningsruimtes’ deur ene Botha van die Omgewingsnavorsingsinstituut in Pretoria gedoen. Botha wys daarop dat piekniekaktiwiteite, ’n ernstige Faunale versteuring tot gevolg het.
Die teenwoordigheid van mense, hul geraas, musiek en die reuk van kos beïnvloed die natuurlike gedrag van diere.
Baie diere vermy piekniekplekke heeltemal tydens spitsperiodes, wat hul toegang tot waterbronne, skuiling en voedsel beperk.
Ander diere raak geleidelik gewoond aan menslike teenwoordigheid en begin afhanklik raak van menslike voedsel, wat tot voedselkondisionering en uiteindelik mens-dier-konflikte lei, sê Botha.
In sekere parke in Suid-Afrika, soos die Krugerwildtuin, is daar talle voorvalle waar ape, voëls en roofdiere aggressief geword het teenoor mense wat hulle gereeld gevoer het.
Hierdie gedrag lei tot die uitdun of verwydering van sulke diere. Laasgenoemde het ‘n direkte verlies aan biodiversiteit tot gevolg.

Inbring van uitheemse spesies

Die inbring van uitheemse spesies tydens pieknieks is nog ‘n bron van bekommernis. Piekniekmandjies, kombersies, skoene en voertuie kan sade of klein organismes van een plek na ‘n ander oordra.
Hierdie uitheemse spesies kan kompeteer met inheemse flora en fauna, en dikwels die inheemse spesies oorheers, wat lei tot ekologiese wanbalans.
In 2020, is daar ’n studie: ‘Indringing van uitheemse plante as gevolg van menslike aktiwiteite in ontspannings- en bewaringsgebiede asook die inpak daarvan op die ekologie,’ gedoen. Die bevinding was dat selfs minimale menslike verkeer in beskermde gebiede ‘n beduidende rol speel in die verspreiding van uitheemse plantspesies. Hulle verdring inheemse plantegroei en verander hul struktuur en funksionering in die ekostelsels.

Vullis besoedeling

Die mees voor die hand liggende van hierdie probleme sluit in die produksie van vaste afval, grondverdigting, versteuring van plaaslike fauna, uitheemse spesie-inbring, water- en lugbesoedeling, asook ’n die verhoogde risiko van veldbrande.
Al hierdie faktore dra by tot die afname van ekologiese biodiversiteit en die natuurlike funksionering van ekosisteme.
Een van die prominentste ekologiese probleme wat pieknieks veroorsaak, is die toename in vaste afval in natuurlike gebiede.
Piekniekgangers laat plastiekhouers, voedselverpakkings, drankbottels en ander nie-biologies afbreekbare materiale agter.
Hierdie vorme van rommel kan dekades lank in die omgewing bly voortbestaan en vorm ‘n ernstige gevaar vir diere wat dit mag inneem.
Volgens ’n gevalle studie van ‘Rommelophopingspatrone’ wat in stedelike natuurparke in Suid-Afrika uitgevoer is, is daar tydens naweke en openbare vakansiedae ‘n beduidende toename van rommel in piekniekareas (Marais et al., 2019).
Hierdie rommel kan ook toksiese stowwe in die grond en water laat uitloog, wat op sy beurt plantegroei inhibeer en waterlewe beïnvloed.

Waterbesoedeling

Waterbesoedeling is ook ‘n  probleem as gevolg van piekniekaktiwiteite, veral waar piekniekareas langs riviere, mere of damme geleë is.
Voedselreste, seep, en selfs menslike afval beland in waterliggame, hetsy deur onverantwoordelike gedrag, of deur afloopwater na reën.
Hierdie besoedeling lei tot verhoogde voedingstofvlakke (veral stikstof en fosfate), wat algegroei en eutrofikasie kan veroorsaak.
Volgens ’n artikel wat gedurende 2018 in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Omgewingswetenskappe onder die opskrif ‘Die impak van ontspanningsbesoedeling op varswater-ekosisteme in Suid-Afrika,’ word die mening gehuldig dat eutrofikasie suurstofvlakke in water verminder. Eutrofikasie het tot gevolg dat vislewe en ander akwatiese organismes bedreig word. (Jansen & Nel, 2018). Hierdie tipe besoedeling kan ook drinkwaterbronne beïnvloed, wat beide menslike en ekologiese gesondheid in gevaar stel.

Lugbesoedeling

Lugbesoedeling en die bydrae tot klimaatsverandering is indirekte, maar relevante faktore wat verband hou met pieknieks, veral wanneer houtvure, braaivleisvure of voertuie betrokke is. Veldbrande wat veroorsaak word deur onverantwoordelike hantering van vuur by pieknieks is ‘n gereelde voorkoms, veral gedurende droë seisoene.
Hierdie brande vernietig natuurlike habitatte, veroorsaak verlies aan lewens en beïnvloed die atmosferiese samestelling deur groot hoeveelhede koolstofdioksied in die lug vry te stel (Smit & Makgatho, 2021). Daarbenewens is die koolstofvoetspoor van besoekers aan piekniekplekke nie te onderskat nie. Die gebruik van voertuie en weggooibare produkte dra by tot die oorhoofse druk wat die mens op natuurlike ekosisteme plaas.

Sosio-ekologiese dimensie van piekniekaktiwiteite

Ten slotte is dit belangrik om te noem dat die sosio-ekologiese dimensie van piekniekaktiwiteite ook oorweeg moet word. Mense se verbondenheid met die natuur deur ontspanning is onontbeerlik vir geestesgesondheid en omgewingsbewustheid. Maar, en dit kan nie oorbeklemtoon word nie. Wanneer ontspanning nie met verantwoordelikheid gepaardgaan nie, lei dit tot vernietiging van die natuur.
Die balans tussen ontspanning en bewaring is delikaat en verg goed-geïntegreerde bestuurspraktyke. Bewusmakingsveldtogte, noodsaaklike infrastruktuur (soos rommelblikke en toilette), effektiewe monitering en die toepassing van streng regulasies, kan help om die nadelige impak van pieknieks op die ekologie te beperk (Du Toit, 2016).
Daarbenewens kan gemeenskapsbetrokkenheid en omgewingsopvoeding bydra tot ‘n kultuur van verantwoordelike gebruik van natuurlike ruimtes.
In samevatting is piekniekaktiwiteite, hoewel positief vanuit ‘n sosiale en gesondheidsgeoriënteerde perspektief, beslis ‘n bron van menige ekologiese probleme. Van afval en grondverdigting tot die versteuring van fauna en waterbesoedeling. Die negatiewe gevolge kan rampafmetings aanneem.
Dit is dus van kardinale belang dat bestuurders van natuurlike gebiede, beleidmakers en gemeenskappe saamwerk om volgehoue verantwoordelike gedrag by piekniekgangers te kweek. Slegs deur so ‘n benadering kan die langtermyn-volhoubaarheid van natuurlike habitats gewaarborg word, ten bate van beide die omgewing en toekomstige geslagte.
——————————-ooo0ooo———————————-
©Pieter Mostert
[Woortelling = 1 166 ]

                                                        Bronne

• BBC, 2013. A brief history of the picnic. https://www.bbc.co.uk/news/magazine-23065304
• Botha, L., 2017. Human-wildlife interaction in recreational spaces: An ecological and behavioural review. Pretoria: Environmental Research Institute Press.
• Du Toit, J., 2016. Natuurbewaring en openbare betrokkenheid: ’n praktykgids vir gemeenskapsreservate. Stellenbosch: Sun Press.
• Jansen, M. & Nel, R., 2018. The impact of recreational pollution on freshwater ecosystems in South Africa, South African Journal of Environmental Sciences, 43(2), pp. 87–102.
• Marais, C., Mokoena, P. & Van Tonder, A., 2019. Litter accumulation patterns in urban green spaces: A case study in Gauteng, Urban Ecology Journal, 12(3), pp. 45–59.
• Ngwenya, T. & Le Roux, M., 2020. Soil compaction and vegetation loss in recreational landscapes, African Journal of Conservation Science, 9(1), pp. 33–47.
• Smit, D. & Makgatho, K., 2021. Fire management and recreational misuse in protected areas of South Africa, Journal of Wildland Fire Research, 14(1), pp. 58–71.
• Van Wilgen, B.W., Venter, J.F. & Heyns, K., 2020. Alien plant invasions in recreational and conservation areas: Human vectors and ecological consequences, Ecological Management & Restoration, 21(1), pp. 4–12.

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed