Jongste aktiwiteit:

Tydlose oomblikke

Kom wandel saam met my
op saggolwende slingerpaadjies
met oneindig draaitjies
waar die wind sy snare stem
in die rooibruin-sand van duineland

dan skryf ek weer jou naam
met ’n kameeldoring in die sand
waar ewig tydloos lê ons spore saam

tussen die duine op ’n rietmatjie
onder ’n kameeldoringboom
berei ek dan vir jou ‘n piekniek-maal
van bolle en knolle uit die sand gehaal

gemsbokkomkommer tsamawaatlemoen
wildebessie en wildeheuning in seisoen
en sink ons ’n kalbassie sjampanje saam
waar ons met nuwe drome kan versoen

sluit dan jou oë my lief
luister met jou gees
die duineveld hou saam piekniek
geitjies blaf jakkals tjank hiënas lag
die duineveld se musiek is uniek

kom ons piekniek weer
tydlose oomblikke
van saamwees …
——-oo0oo——-
(Kopiereg Pieter Mostert)

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed