Jongste aktiwiteit:

Piekniek in die Oerwoud

Die dag toe die diere gaan piekniek hou

was ‘n algehele chaos, dit sê ek jou.

Mnr Muis het ‘n piepklein mandjie gebring

en heeltyd sy vroutjie se kookkuns besing.

 

Bros vliegvlerkies in ‘n modder deeg,

want insekte kan nie bekostig om te veel te weeg.

Slakkie voeg by, sy botteltjie slym,

dit gaan heerlik wees saam met gekneusde pruim.

 

Koning leeu loop teen die tyd al op en af.

Die spyskaart lyk vir hom heeltemal laf.

Vandag was hy lus vir ‘n zebra boud,

maar hy kon nie gaan jag nie, want die kinders was stout.

 

Die apies het weer by die rivier gaan speel

en daarna was nie een enkele voël nes meer heel.

Die wyse ou uil moes sy slaap onderbreek

om eers vir die balhorige jonges te preek.

 

Krokodil dryf geruisloos onder die watervlak.

Vandag gaan hy die bokke ‘n lekker poets bak.

Blitsvinnig steek hy sy neus in die lug

en al wat ‘n bok is, slaan net daar op vlug.

 

Die hadeda skree dat almal huis toe moet gaan.

Sekretaris voël sug en pink net ‘n traan.

Vir dae lank het hy dan met die diere gepraat,

van klein tinktinkie tot seekoei, die vraat.

 

Al die mooi reëlings is nou ‘n gemors

en die diere stap huis toe, honger en dors.

Renoster het hulle vir oulaas iets toegesnou,

maar nooit weer het die diere saam piekniek gehou.

 

Audrey Bierman

 




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed