Jongste aktiwiteit:

Vlerke

Jy sal nie, jy kan nie

Wie is ons om vlerke te knip
Om klopende harte te verander in klip
Wie gee ons die reg om vlerke te neem
Die merke wat agter gelaat word te smeer
Die tipe “grootmens” ekseem te beheer

Ons leer onbesoedelde gedagtes
Daar is geen ander manier vir enige probleem
Ons bou mure, ons versuur hul pragtige vlaktes
Dan wil ons vra na paar jaar hoekom is ons vervreemd

Ons bou aan ‘n gebrande toekoms
Ons probeer die verlede se vure blus
Dan wonder ons hoekom ‘n glimlag verander in ‘n frons
Terwyl ons menslikheid se hartseer sus

Ons tronke is oorvol
Die waarheid bo die hitte het gestol
Ons hou aan dinge doen soos ons goed dink
Terselfdetyd kla ons oor die riviere wat stink

Kom ons probeer om kinders se vlerke
Op te pas en te versterk

Plant bome vandag, sonder om koelte te verwag
Môre val daar dalk ‘n appel op iemand se briljante kop
Bou vir die dag van môre se prag
Doen dit en kyk hoe jou hart van lekkerte uit sy maag lag

Deur
© Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed