Die reisiger
die reisiger
jy het aangekom vanaf nerens
of was dit dalk vanaf erns
my eiland en my strand het ek gedeel
alles al het ek nie veel
my eiland was beleër
ek was magteloos want ek wou nie keer
My eiland my son
my maan en strand
dit alles
was aan die brand
Donker wolke het saamgepak
Met blitse het n haelbui uitgesak
hard en koud en seer
alles ver-plet-ter
stukkend ge-wet-ter
soos nooit het dit gevoel
dit was dan tog nie sleg bedoel
Ek staan verdwaas
en die stilte
die stilte dit het so geraas
was dit vrees? of was dit troos?
passie en emosie
altwee tog so ewe broos.
Tia©
1/5/18
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.