Jongste aktiwiteit:

Verdwaal

Verdwaal

Is ek verdwaal of opsoek
Wandel ek hier of soek ek daar
My siel se leë strate is vervloek
My insperasie se pad is klaar

Ek probeer onbekende paaie ontdek
Vol van krom verdwaalde voetpaadjies bedek
Die tipe avontuur wat jou hart sal laat vind
Die tipe blydskap wat jy sal kry by enige kind

Ek sal gaan soek
Of meskien my-self verloor in ‘n boek
Ek sal verdwaal
Of gaan ontdek watse woorde ek moet opsaal

Soek na die son en sy lesse
Luister na die maan en sy wysheid
Kyk deur jou gekraakte lense
Los noord en verdwaal suid

Daar waar jy is
Daar waar jy was
Is jou vuur wat brand wat geen mens kan blis
Onthou verdwaald is tog iewers, let op in die klas

Verdwaal om te vind
Soek om te verdwaal
Jy sal soms verbaas wees
Waar jy jou-self bevind

Deur
© Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed