Donker
donker
swaar deure val dig op slot
dis die donker se gebod
wilde verwarde hart
vas gehaak
in die donker se strik
wit verdwyn
in swart se git
swaar deure bly dig op slot
donker het mag om beelde
te gaan haal
en in woorde
te vertaal
die wind vêr buite klink soos ‘n fluit
sal iemand vir my
‘n deur oopsluit?
Tia©️
14/1/19
14/11/18
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.