Jongste aktiwiteit:

Ons vergete liefdesmense(Goud)

As jy wegvlug in die toevou van ‘n helder hemelskou
mag jou hart terugkeer na winter;
maar die berge spoeg hul vuur en vra hoeveel nog weet

O’ vergete liefdesmens
troos is ‘n hand van genade
in verdorwe verlate vlaktes- en ons wat weet

Ons kraai met elke splintenuwegier
want dit is makliker om net jouself te verduur
in kamers vól selfsugtige somers

O’ vergete liefdesmens
in die ryptrap van ‘n winterslandskap
lê klanke vergete, reuke weggesteek in die grys van koelte

Vir jou gee ek my hand
vir ‘n ryptrap winterland
liefdesmens, kom ons raak weer mens.

©Morné du Preez




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed