Titel: Lesotho Kind
Deur Koos Elsum

teen ń oop berg wang
staan ń korrelkop kind
onder dun kombers
oë vra
wat soek jy hier?
ponie verergd
swaai kop
oor plat grasstoppels
die is ń vreemde
stadskind
in die land
van sneeu wind somer droog
staan die gras altyd kort
versekerd dat enige langhaar
kortpad vat
TEMAS