Kosmos… en ons Goud
spookasemwolke borrel omhoog
uitgespoeg oor die vlaktes van die karoo
hier en daar veg ‘n spatsel geel-
‘n kleur ontploffing op ‘n stofpalet
hul gesiggies gedraai na bo
sandmaalkolke draai en dans en kartel
parmantig om ons heen
hier op ons lapkombersie
net ek en jy… en ons… alleen
ruik die koperkleur van soetlemoen
wat oor ons vingers drup
kom knus jou oor hier teen my hart
kom rus hier teen my bors
tussen die kosmos gooi ons ‘n lapkombers
net ek en jy… en ons… alleen
©️ Amanda De Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Junie 2025 – PIEKNIEK projek