Baardhaar-beloftes
In die binnekamer
van my woelsieke hart
lê drome aan skerwe gespat,
tussen baardhaar-beloftes
vas teen die wortels
van grashalms ingetrap
In ń hoek eenkant
my siel vasgevang
deur warboel-gedagtes
wat hulpeloos spartel
soos ledemate
sonder verstand;
spartel en baklei ek
ń verbete stryd –
die innige hel in my hart
Skarrel en stry ek
teen spyt en verwyt
wat knaend binne my tart
En êrens in die donker
langs ‘n bitterbessiebos
lê my vergifnis leweloos rond
S T O K S T Y F
potblou om die mond
©Loretta Szikra
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.