Warm en kurkdroë sand
Soms is daar so baie dinge
dinge wat seer maak
dinge wat saak maak
en dinge wat jy net wil begrawe
In ‘n diep gat gooi
en warm sand daaroor strooi
jy wil net daarvan vergeet
maar dinge het die vermoë,
om deur grond te vreet
Soos euwels van gronderosie
dit skuif saam met jou
vorm weer nuwe emosies
en word met ‘n ligte neerslag uitgestoot
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.