Snags
Gisteraand het ons gedroom
(s)katkiste en vismanne,
seerowers-viking fokkers-
hier om als om-te-dompel
soos chiruge op ‘n operasie tafel,
maar in realiteit…
val
ons,
vanuit ‘n ontwapende kapabel;
dat ons nes miere-
geheg is aan ‘n stroom normaliteit
wat sif tussen orde en anargie.
Goueklas
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir September 2025 – Orde uit chaos projek