Jongste aktiwiteit:

toedels

 

 

toedeldie-toedelda

die hond jaag ‘n kat

donkie byt ‘n jakhals

skapies wei saggies

 

toedeldie-toedelda

buurman olie sy kar

buurvrou kook konfyt

wit huisies lê verlate

 

toedeldie-toedelda

golwe jaag mekaar

eensame meeu sweef

bo my duin in vrede

 

toedeldie-toedelda

as dinge nie verander

bly dit mos soos dit is

gister is nie more nie

 

toedeldie-toedelda

wie gaan hom begrae

ou sot op die bierwa

wat gister het verga

 

toedeldie-toedelda

wees nou mooi man

gee nou bietjie bes

leer jou lewensles

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed