
van
–
van die Skepper
het ons lewe ontvang
opdrag om te ontwikkel
en die natuur te bewaar
self is ons net skepsels
goed of sleg gelowig
of ongelowig is ons
almal tot Sy eer
geskape
–
as skepsels
is ons totaal afhanklik
ons talente van Hom ontvang
hoe sou ons dan Sy beeld herskryf
vir ons self afbeeldings projekteer
van hoe ons dink Hy moet wees
dink ons kan Hom herskep
uit ons posisie as skepsel
Hom probeer reformeer
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.