Latest Activity:

Die Epiek* van ‘n tuin

Epiek* van ’n Tuin
God analiseer Sy Skeppingswerke
landskappeer
in Eden Sy tuin
poësie
ekologiese waarde
uit die vog van die aarde
Sy almag
rympatoon
die estetiese genre van Sy tuin
tot berge kranse, heuwels, vlaktes,
kabbelende riviere, bruisende watervalle, valleie,
vleilande, reënwoude …
gevleueldes van die hemel wemel
in die krone van die bome
langs helder waterstrome
toonset ’n Meester-komponis
die lirieke van die jambiese versmate
in hul himnes en odes en ballades …
binne die juksta van Sy wil
plaas ’n Meester-landskappeerder
die mens as Sy rentmeester in Eden
om Sy tuin te bewerk en te bewaak
waar staan ons vandag?
bewerk en bewaak is ook jou
Godgegewe taak
OF
wil jy eerder torings bou
wat aan die hemel raak?
—————-oo0oo—————-
(© Pieter Mostert)
(* Beskrywende en verhalende vertelling van ’n reeks gebeure. In hierdie geval die skepping van die tuin van Eden)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post