Latest Activity:

Die Epiek van die sprokie in Eden

DIE EPIEK VAN DIE SPROKIE IN EDEN
God het ’n tuin in Eden gelandskapeer
tussen kristalhelder rivierstrome en pragtige bome
God het ’n sprokie in die tuin van Eden gedikteer
’n sprokie het in die tuin van Eden
’n werklikheid geword
jy vra: ‘watter sprokie?’
‘en hoe het dit gebeur?’
’n Sprokie is tog immers net ’n storie, wat slegs in die surealistiese fantasie-wêreld van ons drome en verbeelding leef
vêr van die harde werklikheid af –
’n sprokie kan tog nie waar word nie!
Wel, die sprokie in die tuin van Eden
het ‘n werklikheid geword
‘hoe so?’
die Almagtige God was in beheer!
God het bepaal hoe hierdie sprokie moet plaasvind, en wie die karakters asook hul onderskeie funksies in Sy verhaal moet wees!
in die tuin van Eden stel God die huwelik in
’n sprokies-huwelik in die pragtige tuin van Eden – begin –
God het nie net die huwelik haarfyn beplan nie
God het dít wat Hy beplan het, ook persoonlik in werking gestel
God volstrek die sprokies-huwelik in die tuin van Eden en plaas sodoende Sy seën op alle daaropvolgende huwelike
God het voorbereiding getref vir hierdie sprokies-huwelik in die tuin van Eden
Hy het in die ghaos van wanorde ingegryp
God skep orde!
deur Sy magswoord het God gesê:
“laat daar lig wees
laat daar ’n uitspansel wees met ‘n son, maan en sterre
laat daar ’n droë aarde met gras, plante en bome asook ’n see wees
laat daar voëls, visse in die see en diere op die aarde wees”
en elke keer wat God gespreek het, was dit so
en elke keer wat God na Sy skeppingsdaad gekyk het, het Hy gesê:
“…dít is goed!”
toe het God gesê:
“kom Ons maak die mens as as ons verteenwoordiger, Ons
beeld, Ons gelykenis sodat hy kan heers oor die visse van die see, voëls in
die lug en al die diere op aarde…”
God gee waarde aan die aarde
Die engele in die hemel wat God se skeppingswerke tot op hierdie stadium met groot belangstelling en verwondering dopgehou het, het onder mekaar begin praat en gefluister:
”Wat gaan God nou maak?”
God vorm die man uit die stof van die aarde en blaas lewensasem in sy neus, sodoende word hy ‘n lewende wese –
“…U is die Pottebaker… ek die klei,vorm my en maak my…”
Die mens se naam heet Adam, want hy was eerste
God het die man, Adam, wat Hy gevorm het na Sy beeld, Sy gelykenis
geplaas in die tuin van Eden
om as Sy verteenwoordiger oor al Sy skepingswerke te heers
om dit te bewerk en te bewaak, en ook om aan al die diere name te gee
God slaan hierdie man Adam, wat Hy geskep het baie hoog aan
God gee aan hom gesag en verantwoordelikhede
“ U het hom net ‘n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer bekroon, U laat hom heers oor die werk van U hande, U het alles aan hom onderwerp…”
Maar, al hierdie godgegewe kwaliteite ten spyt, kon die mens, Adam, nie vir hom ‘n geskikte maat vind nie
elke dier het ‘n maat gehad, maar die mens, Adam, nie
hy was alleen en eensaam
hy kon nêrens vir hom ‘n geskikte maat vind nie
op hierdie punt het God weer ingegryp –
God het gesê:
“ Dit is nie goed dat die mens, Adam, alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”
God het vir die mens, Adam,’n maat voorsien;
’n hulp –
iemand wat by hom pas
iemand wat sy gelyke is
iemand wat hy kan bemin
iemand wat hy kan koester
iemand vir wie hy kan beskerm
iemand met wie hy op sy vlak kan kommunikeer
iemand met wie hy een in liggaam en gees wil wees
iemand vir wie hy lief kan wees
God het ’n diepe slaap oor die mens, Adam, laat kom
God neem een van die mens, Adam, se ribbebene, vul die plek met vlees en bou die ribbebeen wat Hy uit die man, Adam, geneem het om tot ’n vrou
ragfyn, grasieus, beeldskoon, sag en bevallig-mooi
‘… soos ’n affodil van Saron, ’n lelie van die laagtes’
die Engele in die hemel het na hulle asems gesnak
“Meester U is geniaal…”
een sou dit dalk gewaag het om te vra:
“Meester, probeer u nie dalk te hard om ’n volmaakte maat …?”
God bou met Sy eie liefdevolle Vaderhande ’n maat vir die man
so ragvyn begeerlik sag en mooi
Sy is geskep uit fyner en meer waardevoller bestandele as die man
sy is gebou en omvorm uit die ribbebeen van die man
‘… soos ’n affodil van Saron, ’n lelie van die laagtes …’
God neem ’n ribbebeen uit die sy van die man –
nié uit sy kop nié
sodat hy oor haar kan heers nie
nié uit sy vuiste nié
sodat hy haar kan aanrand nie
nié uit sy mond nié
sodat hy haar kan verneder en slegsê nie
nié uit sy voete nié
sodat hy haar kan vertrap nie
God neem die ribbebeen uit die sy van die man, Adam
sodat die vrou, Eva
sy gelyke kan wees
onder sy arm sodat
hy haar kan beskerm
naby sy hart sodat
hy haar kan bemin en vertroetel
die wonderlikste van alles is dat die vrou
die laaste is van al God se skeppingswerke
en daarom ook die belangrikste van al sy skeppingswerke
die vrou was die kroon van God se skeppingswerke
alles moes eers in die hoogste staat van gereedheid gebring word vir haar koms
En nou kom ons by die klimaks van die sprokie wat besig is om in die tuin van Eden ’n werklikheid te word:
die Goddelike aflewering
die hemel se paviljoene was met Engele uitgepak om hierdie afgee van die vrou aan die man te beleef
die serafs neurie: Heilig… Heilig…, U is God en Heer…”
die gerubs het onder mekaar gevra: “Wie sal dan nou die gelukkige een onder ons wees om hierdie vrou wat God gemaak het, aan die man te gaan afgee?
die Aards Engele het selfvoldaan gesê: “Ag, tog sekerlik een van ons…”
dan kom die verbasing op almal se gesigte!!
God, gee self in sy eie persoon die vrou aan die man af
Hy bring haar self na die man toe
Haar nardusparfuum vul die oomblik terwyl sy met grassie aan die sy van God aangestap kom na die man toe
die oomblik was heilig, daar was ‘n doodse stilte onder die Engeleskare in die hemel, so asof hulle bang was hulle mis iets van hierdie heilige oomblik waarvan hulle die getuies moet wees
God stel in Sy persoon sélf die huwelik in
Hy bring die vrou na die man toe
En daarom het ons in hierdie daad van God
’n voorbeeld van drie belangrikste elemente wat in enige huwelik teenwoordig moet wees:
1. God se bring van die vrou na die man, en haar afgee aan die man, is simbolies van die vader van die bruid se bring van sy dogter na die man, en dus haar vader se toestemming tot die huwelik van sy dogter, met die man;
2. Die vrou, stem voorts toe tot die huwelik met die man, deurdat sy uit eie vrye wil aan die sy van haar vader na die man toe kom om met hom in die huwelik verbind te word;
en
3. Die man, stem ook toe tot die huwelik met die vrou, deurdat hy haar uit eie vrye wil inwag, en van haar vader ontvang, sodat hy met haar in die huwelik verbind kan word.
God tree op as huweliksbevestiger
Hy verbind die paartjie in die huwelik
God verbind die vrou, Eva, wat Hy na die man, Adam, toe gebring het
in die huwelik met die man
Hy roep nie ’n engel uit die hemel om dit te doen nie;
Hy doen dit self
God slaan hierdie huwelik tussen die man en die vrou só hoog aan dat Hy dit sélf in Sy eie persoon volstrek
Adam het vir Eva ’n troupand van ‘n hisoptakkie gevlêg
en toe God sê: “Gee mekaar die regterhand”
het sy haar linkerhand na Adam uitgesteek
mirre het van haar vinger gedrup en hulle hulle het diep in mekaar se oë gekyk
terwyl Adam die troupand aan haar vinger sit
in die tuin van Eden
verenig God die man, Adam, en die vrou, Eva, in liefde met mekaar
en só word ‘n sprokie in die tuin van Eden ’n werklikheid …
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post