Kleure van jou . . .
In die kleure
van jou
menswees
is hoe ek
jou bemin
as jy ontwaak
soos ‘n sagte brose sonneblom
jou gesig draai na die son
en soos die ure
aanstap
jou mense wees ontvou
soms in
staal harde ontsteltenis
wat aan jou lyf vasklou
soms in jou sonstraal
luidkeels-lag
wat almal vir nog
laat wag
soms in
jou sweet oorgetrekte
bloesende gesig
arbeid sal jy arbeid
want ophou
dra net geen gewig
dan telkens die vulkaan
met sy lawa slingerend hoog
versier die hemelboog
soos die passie vuur
in jou are brand
oorlopend ons sinne verslind
tot die vaak
snoesig soos ʼn kuikentjie
jou wakker kom steel
jou smarag oë toeval
jou wegvoer na die soom
van ‘n watte blanke wolkie droom
die dag in vol kleur
agter laat . . .
in die kleure
van jou menswees
dit is hoe
ek jou bemin
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek - Kleur