
Afskeid
(goud)
Verlorenvlei, Verlorenvlei
jou weggaan skroei tot roof in my
dit sny ’n spoor van roet en as
waar gister helder strome water was
en los my in die ligverlate
donker stege, lamploos strate
wat na die doodse stilte lei
Verlorenvlei:
die duister het die maan gesluk
die sterre het die nag ontglip
en oor die strandmeer neffens Elandsbaai
sal meeue tot in sterwens draai;
pik en teer – dié vloei deur my
Verlorenvlei … Verlorenvlei
© Carma Shaw
31 Oktober 2019
1:55
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek - Kleur