Waar drake draai
Op die rand van die kaart van ken In die grens tussen weet en wonder Raak elke vrees ‘n duistere draak Drome vol vuur en verwoesting druis Die draak wat telkens sy skat kom eis En ek wat bewend die losprys betaal Maar vrees word nooit versadig nie Die dans raak vervelig repeterend Beraam ‘n […]
My siel, my spirituele woning
My huis is werklik net waar my hart is en nie noodwendig waar my lyf homself bevind nie. En as jou hart gelukkig is, is enige plek op die aardbol reg. Dit gaan selde oor die meubels of peperduur ornamente wat in ʼn huis rondstaan wat dit ʼn woning, of eerder ‘n tuiste, maak. Daardie […]
Wat maak dit saak?
Die huis was vervalle. Verf het orals afgedop wat my vir een of ander rede laat dink het aan ‘n slang wat vervel. Bossies het hulle tuisgemaak in die tuin wat lank gelede die liefde en aandag van ‘n vriendelike ou tannie geniet het. Die voetpaadjie na die voordeur toe was vol krake met onkruid […]
Skarrelkind
Skarrelkind My oë traan van die snerpende koue, my ore pyn en my tande klap opmekaar. Nog net twee karre het verby gekom, asseblief Here bid ek, ek kan nie meer die koue vat nie. Dankie tog, die robot slaan oor na rooi. Ek hardloop na die voorste kar maar die vensters is toe. Nou […]
VERGEEF OM TE VERGEET
Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe want orals lê lyke rondom jou en bewe so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor vou ek my hande saam om jou te vergewe. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Fees van die verslaafdes Silwer
aasvoëls saamgedrom om ‘n winterkonka in die vuur tuur bloedbelope oë wraaklus, wreedheid, waansin, wellus monsters van die dwelmkult sleepvoet sluipend donkernag soekend na duiwelsplesier en in die ryptrap van ‘n winterlandskap lê ‘n bloedspoor… huil die nanagwind terwyl ‘n aasvoël sy prooi verslind
Die rooi-oog in die hoek. (SILWER)
Die rooi-oog in die hoek. Aiken en Cheor speel al te lekker langs die ou Chinese woning met die groen geuweldakkie. Die dakkappe van hul huis het die mooiste gekerfde besonderhede, so eie aan China. In die klein dorpie is daar talle van hierdie tipe huisies te sien. Die Yin gesin woon in die buitewyke […]
Die krag van reën. (Brons)
(Opgedra aan die slagoffers van Natal se oorstromings en die boere wat deur die droogte geraak is deur die afgelope jare) Stormagtig het sy haar donker kleed styf om haar toe gevou verwoestende trane om haar gestort haar fyn, groen voete diep verspoel stemme verrys smekend in ‘n hulpkreet oë proe bitter verwoesting gesaai want […]
Omskietliefde
Ek toe ek jou net sien by tussenposes van vier vlae moes ons steeds maskers dra sou net diep in jou oë kyk want daar was ‘n stadige verbygaan van tyd maar ‘n rukwind het plotseling soos die pekelsondes van ons liefde verander van rigting. Silwer