Waar drake draai
Op die rand van die kaart van ken
In die grens tussen weet en wonder
Raak elke vrees ‘n duistere draak
Drome vol vuur en verwoesting druis
Die draak wat telkens sy skat kom eis
En ek wat bewend die losprys betaal
Maar vrees word nooit versadig nie
Die dans raak vervelig repeterend
Beraam ‘n plan om die draak te vermoor
Want dis makliker om vrees
Met die swaard noodlottig te wond
As om jou vrees jou vriend te maak
En as jy water op sy stert gooi
En ‘n syband om sy nek sit
En hom weglei in die woud in
Dan weet jy hy sal weer terugkeer
Maar volgende keer met minder seer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Ek weet nie of ek na ń Jung analis se gedig kyk en of met emosie van hoe ons sukkel om seer te bemeester nie. Die gedig spreek tot my en dis al wat tel dankie vir deel.