My Alpe-blom (sonnet)
die smaraggroen gras van Alpe se veld
het jou lentevoete sag uitgevee
en jy’t ge-genie uit laatsneeu se smelt
mý mooi veldblom wat my hart laat uitskree
die yslelieverhoog was jou dansvloer
jou soet stem het teen kranswande weerklink
ek’t soos voyeur gevries in my afloer
my glas met jóú elikser vol geskink
mý vry vlinder met gossamervlerke
in dartel om die mooi te bakhandkom
sal jy my ook met hart sonder perke
so diep liefhê as ons veld ophou blom?
tot seisoene se siklus ophou kring
sal my hart ʼn lied van ons liefde sing
Etna Wepener ©️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.