Bedrup my liefde (‘n Distigon-gedig)
my hart blom in broos kroonblaar se kleurkrans gekelk
vóór liefdestortbui verlep en verwelk
jou wolkdruppels pêrel vergrotings op my gees
konvekse lense fokus my menswees
voed my tot in wortel waar net jy kan deurdring
gee vog aan my hart wat liefdesvreug’ bring
ek reik na jou hemelse gul gawes geskenk
swemmend in passie wat my siel deurdrenk
Etna Wepener ©️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.