
weë
–
wie weet
wie weet waarheen
wie weet waarheen die weg
wie weet waarheen die weg lei
die weë van die lewe is so onvoorspelbaar
waar jy vandag gebore word, en môre eindig
is meestal onbekend en soms onbemind
wie wil die toekoms kan voorspel
weet wat jy oormôre gaan wees
hoe droog en onvrugbaar
sal dit wees om te weet
alles net te weet
sonder wonder
daaroor
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.