Teenstryd (goud)
Soos ‘n vlietende ewigheidswese moes ek soms my hande biddend om jou vou net om só aan ‘n stukkie van jou vas te klou omdat ek jou lief wou hê sonder vrese maar my mond was vol letsels en vlekke en jy tussen hier en nou op ander plekke. © 9/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese […]
Sondeval. September projek Silwer
Eens was ons net kinders in die Eden tuin saamgevoeg as een mekaar te ondersteun gevaar kom as ‘n sluwe slang se leuen waar skuil jy my kind, word in die wind basuin… en in die donker nag vlam daar ‘n swaard geen sonde sal in die heiligdom aard
Wat is die kans?
Dit is gek om te glo dat die vlees die onafwendbare sal oorheers metdat die gees totaal ontkennend (in ‘n verslawingswaan) veglustig baklei téén die minimale moontlikheid en hoë onwaarskynlikheid dat hy by volle magte is om ‘n selfopgelegde doodstraf met kortsig te durf betwis. © Loretta Szikra
DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
Druppelgolwe
die reën ween plas konsentriese kringe druppels piering in ʼn poel ʼn snyding van versamelingsirkels kaats verwronge gedeelde elemente blink in tydelike skyfies oorgespoel na oogwink se perfekte rondheid stort die bui neer en neer en versteur wulpse golfkurwes wat kineties uitbrei net om weer en weer die suiwer storie in spatsels se golfverspreidings te […]
Donker
daar is geen maan nie geen lewensklankbaan behalwe die dreunsang van ʼn see en ‘n wolftjank van klam traanwind wat snik oor ʼn swart strookstrand waar golwe my vooruitgangvoetholtes met fosforskuimtonge ont-spoor selfs die melkweg het in melk verdrink en sterglinster het in besoedeling vervaag die daglig het al lank reeds leeggebloei en die […]
verganklikheid (Silwer)
toe verganklikheid my tuiste se tydlose skermmure binnedring my ontneem van my huis se hart het my onroerende geloof in genadige goedheid gewigloos verskuif tot nét duskant die grens van die straat waar ek woon
Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]
Hemelskadu
Liefling, jy is die sterk hart wat die polsslag van ons liefde bepaal, so ons dra jou met trane oor ons wange maar dankliedere in ons harte na ‘n plek waar lang koeltebome en begroeide graniet hul eie storie verhaal. © Zebbie