Jongste aktiwiteit:

Wraak

woorde word deurboor
kom hul nooit akkoord
met woordewisseling uitmekaar getrek
op verkeerde tyd en plek

gewoonlik vloei die woorde onbaatsigtig
in trotse eiewaan selfsigtig
verskeur en uitgewerp
hinderlik die eie ek vol verwaandheid
kom daar groot verdeeldheid
en lê die wraak onbeperk

wraak kom jou nie toe nie
koester geen wrokke
onverskrokke
wat ten hemel skrei om wraak

verhinder nie God se gees
tydig en ontydig speel gedagtes
slaan dit hok met die nagmaalsbeker
in wederkerige mededeling

vergewe en vergeet is die beste manier
dit bring groot plesier
vir my en vir jou geen lydingsbeker
in liefde herenig vir ń nuwe Jerusalem

©️Louisa van Vliet (Amazon)




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed