Ja-sê
laat jou ja, ja wees
laat jou nee, nee wees
algemene begrip oor
leierskap is lank reeds
meer gebasseer op valse
vooropgestelde norms;
om by goeie leierskap
uit te kom is dit goed
om vooropgestelde
idees, uit te daag –
dit kan lei tot
persoonlike
groei
boere manlikheid
boerekryger, plaasboer en jagter
met sy sterk puriteinse inslag
het boerevolk se leierskap
geskoei op hoë waardes
na-onafhanklikheid
se leierskap word
toenemend geskoei
op lawaai-makery
wie die hardse –
nie noodwendig waarhede
kan gil oor afrika se lande
word as goeie leiers beskou
versugting: –
mag ons maar terugkeer
na suiwer puriteinse etiek
waar:
Vir my d’Afrikaner van durf en daad,
wat mammon’s eer en loon versmaad,
sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
en ‘n trap van sy voet vir laag verraad!
O, ‘k hou van ‘n man wat sy man kan staan;
ek hou van ‘n daad wat soos donder slaan,
‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!
Jan F E Celliers.
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.