Jongste aktiwiteit:

As ek maar kon weet

As ek maar kon weet

wat voorlê vir my
het ek donkie jare terug
my hart gevolg

as ek maar kon weet

gewilliglik aan my sy
maar toe kom lê daar ‘n brug
en slaan met ‘n kolf

as ek maar kon weet

dat jy my gaan vermy
het ek jou nooit laat gaan
want dit was waar my hart begaan

as ek maar kon weet

dan was my antwoord ja
maar nou is dit te laat
en my hart stukkend gelaat

as ek maar kon weet

wat ek vandag besef
jy was nooit vir my beset
word jy die still skim

as ek maar kon weet

dat my hart by jou rus
terwyl jy “vergeet my nie”
koester in jou hart

Louisa Van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed