
Herfs
koue vat aan buite blad
in vroeë oggend uur
dof son verouder
groen blare geel
koue knaag binne aar
vroeg aand deur na
vaal môre son
groen krul kussing kop
dae verberg in truie drag
blare beplan vergarderings
groepe kleure skarrel oor
growwe grond
warm knus leppel groepe
in afvoerpype
ander skarrel vrolik
in ń kleure optog
somer stywe chlorofil fabriek
hou ń los kompos jaarend dans
een groep warm saamgebondel
ander breekdans langs die straat
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek