Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: wekroep van die enkeling

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 8 Augustus 2021 Aantal woorde: 327 65 Kere gelees 2


te soet:

droë vrugtekoek
bedek met glinsterende
krale op spierwit geysde suiker
kraak as jy dit in skywe sny
proe frank op die tong
en gee sooi brand
op die koop toe

onkunde:

vaar uit oor die see
waar daar nooit te min water
sal wees nie – net nie drinkbaar
waar jy doodgaan van dors
waar jy hallusinasies kry
en opkrimp van dors
in ‘n see van vog

slagspreuke:

dit is die regte ding om te doen
laat jou behandel met enige gifstof
met allerhande ander stowwe om gif
mee te bestry en nog meer gif te maak
die een reeks inspuitings op die ander
elkeen uniek gemaak om jou
DNA finaal te verander

goedertrou:

maak jouself heeltemal leeg
verwyder jou eie identiteit finaal
glo net alles wat vir jou vertel word
verander jou liggaam om te pas by tyd
want: “almal sal dit nog moet doen”
want: “die wêreld” sê mos so
duister wil graag wen

absolusie:

niemand mag met jou stry nie
want jy doen: “die regte ding om te doen”
gee jouself geheel aan die duiwelse kragte oor
sodat jy nie ander mense kwaad aandoen nie
“hulle” sal jou in elk geval nog dwing
om alles net slaafs te aanvaar
anders mag jy nie leef nie

uitgedien:

of jy nou aan ouderdom
of aan een of ander bekende siekte sterf
almal gaan sterf aan die “pandemiese virus”
so verklaar die wêreld – wie is ek dan om
anders te wil wees as die wêreld
ek wil mos deel wees van die
mensgemaakte “een-wêreld”

bittereinders:

alleen sal ons staan of val
hoe jy my ookal wil verguis of vergryp
my wil belas met jou “een-wêreld” idee
wat jy ookal aan my liggaam wil doen
my siel en my gees sal altyd reageer
met al my krag, geloof en wese
sal ek teen jou “meester” veg

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1176
Kommentaar telling: 148

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 166 gaste aanlyn

Bydraes – Argief