oop oë
mense kyk maar sien niks
soms stap hul bo-oor iets
sonder om waar te neem
veral in nasionale parke
jaag dit net van punt tot
belange punt sonder rus
so kyk mense ook soms
sleg na hul eie kinders
weet nie eens as hul huil
of tot die dood ongelukkig
is in wat hul elke dag is nie
wonder sulke ouers nooit
selfmoord onder jeug kom
dikwels voor waar ouers
onder die indruk is dat hul
goed vir hul kinders sorg
maar hul geestelike lewe
nimmer aandag gee nie
om met oop harte te leef
met jou ouers en kinders
is die enigste manier oor
om hierdie treurige lewe
te voorkom en hul voor te
berei op die moeilike tye
moet nooit – maar nooit
vir jou kind leuens vertel
en dring daarop aan dat
hulle ook altyd eerlik met
jou sal wees – ten alle tye
staan ten alle koste by hul
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.