Berg oor
BERG OOR
Die ure tik moedig deur die nuut van die jaar
nog dae en maande het Vader tyd gespaar
wyl die wie-weet-wat-voorle^ klop voor ons deur
sal ons ons weg oor die bergreeks kan beur?
Ons vergeet die dissels en droe” slote van gister se trek
ons skreef ons oe” nou teen die mo^re wat wek
ons adem die moed van die nuwe dag
oor velde heen wat getrou vir ree”n wag
En ons loop ligvoets oor
Totdat ons juigend daarbo
ons oe” skreef teen die lig
met klipspringers en dassies ratsvoetig versit
Die oorwinning is soet
En maande roep opgewonde, wink vooruit
met God aan ons sy
kan geen bergreeks ons stuit
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.