Privaatskool of Staatskool?
Privaatskool of Staatskool? Daar woed al vir jare ’n debat oor waar ’n kind die beste onderrig kan ontvang? Privaatskole word dikwels beskou as die beste plek van opvoeding – kleiner klasse, beter geriewe, en ’n bietjie ekstra “glans” wat ouers laat glo hul kinders kry ’n voorsprong in die lewe. Maar hoe realisties is […]
Februarie 2025 – WATER projek
Beste INKers Hierdie maand ondersoek ons die tema: “Water” Ek is seker almal is reeds vertroud met die nuwe struktuur van die maandelikse projekte. Die enigste twee groot veranderinge is dat Menings, Artikels en Rubrieke nou onder een sambreel sal resorteer. Hierdie kategorie staan as “Prosa” bekend, maar jy mag steeds ingeskryf onder welke genre […]
‘n Haikoe (Silwer)
Wind waai rok omhoog, ek poseer soos Marilyn maar toe kyk hul weg! ©MarleneErasmus 20/01/2025
Na die lig. (Silwer)
Hier, in die skadu van my eie stil gedagtegang, staan ek onseker, soms vasgevang in die wêreld van wat ek is en wat ek wel wil wees. Selftwyfel fluister vreesgedagtes in die donker, die stem wat skree dat ek nie genoeg is nie, dat ek nooit in die lig sal staan nie! Maar, In hierdie […]
verlore dinge (silwer)
ongesiens tuimel die slagoffer af teen die afgrond agter die kas miskien een hop of twee dan kom hy tot rus in ʼn hoekie onbevlek deur lig maar begrawe onder sedimente sluimerende stof hier, in die domein van spinnekop en mier, by donshasies en vermisde hoofpynpille langs die lus van die ou laaikabel styf teen […]
om middernag (silwer)
o, die gruwels, die afgryse en wroeging wat opskiet uit die ryk leem van ʼn enkel ikoon op ʼn selfoonskerm die sirkel, diagonal geskrap basuin woordloos uit dat alles, alles hier eindig: geen wordle, om aan my woordeskat te werk gholf-speletjies wat koördinasie opskerp of die hoëvlak-analitiese denke om tetris-blokkies reg te draai nie die […]