Jongste aktiwiteit:

Na die lig. (Silwer)

Hier,
in die skadu van my eie stil gedagtegang,
staan ek onseker, soms vasgevang in die wêreld
van wat ek is en wat ek wel wil wees.
Selftwyfel fluister vreesgedagtes in die donker,
die stem wat skree dat ek nie genoeg is nie,
dat ek nooit in die lig sal staan nie!
Maar,
In hierdie skadu ontdek ek dat ek die krag het
om op te staan en te straal in die lig.
Want,
soms is die skadu die enigste plek om te sien
hoe die lig kragtig begin gloei en groei,
stadig maar seker oorwin die lig die skadu.

©MarleneErasmus
20/01/2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed